Home > Music > Ashton Nyte ~Geheime & Momente~

Ashton Nyte ~Geheime & Momente~

November 29, 2011 Leave a comment Go to comments

http://soundcloud.com/capetownsound/geheime-en-momente-deur-ashton

Ashton Nyte is op die punt om sy eerste Afrikaanse album vrytestel. Na aanleiding van ’n produktiewe en stilisties uiteenlopende loopbaan wat 8 albums ingesluit het met The Awakening en 5 krities bekroonde solo albums, is hy nou gereed vir ‘n nuwe artistiese hoofstuk. Sedert 1997 is Ashton te sien in byna elke musiek-verwante publikasie, televisie program en radio in Suid Afrika. Hy was by musiek-feeste beide in Suid Afrika en die VSA die hooftrekker; treffers op kampus en nationale radio geniet; teater produksies geskryf en opgevoer en selfs tyd gevind vir filantropiese gebeure soos sy “Rock Against Rape” konserte.

Die afgelope drie jaar is Ashton in die VSA, waar hy met sy mees onlangse album, “The Valley” van New York tot New Orleans getoer het en die album op meer as 40 radio stasies gespeel is. Hoogtepunte sluit in sy verskyning op die gesogte Public Radio International’s “The World” en ‘n onderhoud en uitvoering van snitte in die “Voice Of America” ateljee aan 125 miljoen luisteraars wereld wyd.

Geheime en Momente” is die eerste snit van Ashton Nyte se komende album, “Moederland”, waarna Ashton verwys as “’n album wat hulde bring aan my Afrikaanse erfenis en die land wat my gevorm het”.

Besoek Ashton by www.ashtonnyte.com

Categories: Music
  1. No comments yet.
  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: